Ander Sport

Swem

Hoewel ons nie beskik oor ‘n swembad lewer on jaarliks uitstaande swemmers , ons neem deel aan plaaslike galas, deel van slegs 8 skole in die Super 12 reeks.

Gholf

Ons Gholfspelers het oor jare reeds hulle merk gemaak .  Oefen wedstryde word gespeel, asook plaaslike en provinsiale  toernooie. In 2012 neem ons deel aan die Nasionale skole gholf kampioenskappe.  Ons het ook reeds 2 keer die Super 12 gholf gewen.

Gimnastiek

Die Vastrap gimnastiekklub op die skool terrein lewer die afgelope 7 jaar verskeie top gimnaste op.  Vanaf 2013 sal  Gimnastiek by die Vastrapklub as ‘n volwaardige Vastrapsport  beskou word.   Kinders sal dan  as Vastrappers aan kompetisies deelneem. Hierdie klub word op dieselfde wyse as die akademies op die skool terrein hanteer.

Ruiterkuns

Ruiterkuns is deur die Beheerliggaam as ‘n skoolsport goedgekeur .  Ruiters neem as Vastrappers deel en kan ook so Provinsiale kleure verwerf. Ons span-ruiters het al verskeie kere  die Provinsiale kompetisie gewen. Verskeie van ons Provinsiale ruiters het ook  reeds Internasionale blootstelling gekry.

Landloop

Landloop is ‘n span-  en individuele sport.  Dis ook een van Vastrap se oudste sportsoorte. Hierdie sportsoort skakel  in saam met atletiek, en dit verg gedissipli- neerde en toegewyde atlete. Die seisoen strek vanaf April tot  September. Ons skool het oor die jare heen ook reeds verskeie Provinsiale atlete op opgelewer.