Atletiek

 

Ons skool beskik oor een atletiekbaan wat baie goed ontwikkel is. Sprei-ligte op die atletiekbaan is beskikbaar, en ‘n moderne paviljoen is eersdaags gebou.  Ons spog met 'n SA kampioen in die 80m en 100m vir 2015, Heike van Rooyen. 

 

 

Atletiek strek vanaf September tot Maart.

Spanne

Massa-atletiek ( klasse teen mekaar) open die seisoen.  Tydens die geleentheid kry alle leerlinge ‘n kans om deel te neem.

Die nuwe jaar skop af met ‘n huissport, waar slegs geïdentifiseerde atlete deelneem.

Vastrap neem aan ongeveer 10 byeenkomste per jaar deel.

 

Prestasies

Ons skep verskeie geleenthede vir ons atletiekspan om op ‘n kompiterende vlak deel te neem.  Vastrap het oor dekades 'n trotse atletiekrekord - een van die toonaangewende skole in atletiek.