Boogskiet

Boogskiet is ‘n individuele sport wat oor die laaste klompie seisoene vlam gevat het in skole reg oor Suid-Afrika.  Die program wat gevolg  bevorder onder meer dissipline en konsentrasie-vermoë. Skuts word geleer met ‘n stringboog (boog gemaak van tou) voordat hulle met regte boë skiet.  So maak ons seker dat die regte tegniek aangeleer word. 

Hierdie oefeninge begin al reeds vroeg in Februarie  - om skuts gereed te hê vir kompetisies wat in Maart begin.  Die program word gevolg tot einde Oktober  - waaneer die Nasionale kompetisie plaasvind. 

Laerskool Vastrap het in 2011 aangesluit by die program en reeds ‘n titel verower by die Nasionale kompetisie in 2011.  Op 20 Oktober was daar 24 skuts wat aan die Nasionale kompetisie deelneem om sodoende hulle titel te verdedig.  Verskeie skuts is in die tyd verkies tot die All Stars span wat verskeie kere al die VSA besoek het vir Internasionale deelname.