Bybelvasvra

Laerskool Vastrap neem reeds ‘n hele aantal jare deel aan die Bybelvasvra-kompetisie,  wat geïnisieer word deur die Rapportryer-beweging.  .

‘n Totaal van 60 hoofstukke uit ‘n aantal Bybelboeke uit die Ou en Nuwe Testamente moes geleer word en met elk van 2 kompetisies is daar 6 verskillende tipe vraestelle geskryf, met ‘n tydsduur van slegs 4 - 8 minute per vraestel.  Vanjaar het daar ± 130 spanne ingeskryf uit al die provinsies.

Vastrap se senior span het in 2012 vir die derde agtereenvolgende jaar onder die Top 10 geeindig.

Ons neem ook deel aan die Super 12 Bybelvasvrae-kompetsie.