Hare

  • Hare moet altyd goed versorg en netjies gekam wees.
  • Hare mag nie gekleur of gejel word nie en sonstrepe mag nie ingesit word nie
  • Geen uitspattige of vreemde haarstyle word toegelaat nie.

Seuns

Hare mag nie aan kraag raak nie. Lang kuiwe en los hare langs die ore is onaanvaarbaar.

Dogters

Lang hare moet vasgemaak of gevleg wees. Lang kuiwe en los hare langs die ore is onaanvaarbaar. Korter hare wat oor die hemp se kraag hang, moet vasgemaak word.

Slegs  rooi,  of ‘n kombinasie van wit/rooi/swart  haarbykomstighede (rekkies, knippies en linte) is toelaatbaar.