Hokkie

Hokkie is steeds ‘n jong, maar vinnig groeiende sportsoort by Laerskool Vastrap. Die sportsoort is vir alle leerders wat kans sien vir hierdie uitdagende, maar genotvolle spansport. 

Graad  4-7 leerders kan kom deelneem aan senior hokkie.  Vanaf 2016 is daar 3 dogters- en 3 seuns senior spanne.  Hokkie oefeninge begin reeds vroeg in die jaar en ligawedstryde word regdeur die 2de kwartaal gespeel.  Verder word senior spanne op toer gestuur, en vroeg in die 3de kwartaal word daar ook deelgeneem aan die Super 12 reeks.  Die kinders word dus aan heelwat geleenthede blootgestel om as hokkiespeler (asook mens) te kan ontwikkel.

Mini hokkie is vir alle Graad 1-3 leerders.  Oefeninge en wedstryde vir mini hokkie word in die 3de kwartaal gedoen.  Aangesien ons hier die liefde vir die sport wil kweek - fokus ons op genot.  Daarom word vaardighede hier op genotvolle wyse aangeleer en vasgelê.