Krieket

Daar is tans 14 spanne, ongeveer 250 leerlinge by Vastrap wat krieket speel. o/13 en o/11 spanne neem deel aan die Super 12 kompetisie. Krieketseisoen duur van Julie (S12 Spanne) tot einde Oktober.

Vastrap bied ook die geleentheid aan spelers om aan die PRO aand-reeks deel te neem. Ons rig ook mini-krieket af en huisves ons eie krieket akademie. Ons is trots op ons 20 puik krieket afrigters, ons 2 krieketvelde , 8 krieketnette en die passie waarmee ons spelers die sport benader.

Prestasies:

Vastrapspanne speel konstand die afgelopie dekade in Noordwes finale, verskeie spanne is ook in die proses as Noordwes wenners gekroon. Ons lewer dan ook verskeie spelers op vir die Provinsiale Standerdbank- en stedelike spanne.