Muvassi & Vasumi

Te midde van groot geheimhouding is Muvassi geskep.   Lynn Pieterse en Marli Klynsmith het Vastrap se GROOT BEER  sorgvuldig beplan saam met ‘n  ontwerper en vervaardiger.

  • Ons GROOT BEER  is vanaf George per pad na Rustenburg vervoer.   2 Augustus 2012 het Muvassi hier by die skool aangeland. Vasumi het 2017 hier gekom.
  • Die eerste verskyning  was op 3 Augustus  by die skool, toe die GROOT BEER  tydens pouse tussen die kinders beweeg , gespeel en klasse besoek het.
  • Die ouers en personeellede kon oorspronklike name uitdink, en nadat ‘n kortlys saamgestel is, kon al die kinders vir ‘n geskikte naam stem.
  • MUVASSI en VASUMI was toe die gekose naam – en sedertdien maak ons eie, splinternuwe gelukbringer oral sy verskyning.