Naskoolsentrum

Ons Senior Naskoolsentrum gr 1-7 is  ‘n veilige, kindervriendelike omgewing wat ongeveer 180 kinders kan huisves. Daar is ‘n sandput, klouterraam, bordspele en TV  beskikbaar om van ‘n laaaaang dag ‘n kort dag te maak.

Ons Junior Naskoolsentrum is slegs vir Graad R leerlinge op die Graad R terrein.  Slegs 30 leerlinge kan toegelaat word.