Netbal

Ons het 7 weervaste netbalbane  met voldoende onderdakpaviljoene.  Van die bane het ook sprei-ligte. Die hoof seisoen strek vanaf einde Februarie tot einde Mei.

Spanne

Netbal word van vroegs af reeds kompiterend gespeel. Van o/8 – o/13 is daar 4 spanne in elke ouderdomsgroep, elkeen met sy eie afrigter. Indien daar nog kinders wees wat belangstel, word daar vir hulle ook voorsiening gemaak. Tweehonderd en tien dogters kry geleentheid om netbal op ‘n hoё vlak  te speel.

Wedstryde word ook op ‘n vriendskaplike basis beslis. Ons netbalspanne neem ook aan verskeie reekse deel, waartydens van die spanne kan kwalifiseer vir Provinsiale - en Nasionale uitspele.

Prestasies

Op die netbalbane beleef ons tans ‘n goue era! Die gees onder die afrigters is positief en dit spoel oor na die kinders . Ons o/13a span is in 2012 as Nasionale kampieonspan gekroon en in 2014 is die o/12 as Nasionale kampioenspan gekroon.  

Heelwat dogters word dan ook jaarliks opgeneem in die Provinsiale spanne.