Ons Ouers

Vastrap ouers is nogal ‘n interessante spesie – gaan vra maar vir hulle kinders. 

  

 

Op sportdae is hulle onder die rooi sambreel en dra gewoonlik swart, wit, rooi of hulle Vastrap ondersteunershempies.  Hulle is lief vir hulle kinders, die skool en elke opvoeder.  Hulle beskou onderwysers as vennote in die opvoeding van hulle kinders en ondersteun dus graag.  Hulle skroom egter ook nie om opbouende kritiek uit te spreek nie.  Verder is die tipiese Vastrap mamma of pappa vriendelik, ondersteunend, altyd reg vir kuier, meer as bereid om aan te moedig vanaf die kantlyn en altyd reg vir lekker lag!  Met ‘’n Vastrap  ouer is daar nooit ooit ’n vervelige oomblik nie. 

Word gerus deel van hierdie dinamiese span!!!