Rugby

Ons het twee rugbyvelde in uitstekende toestand, asook  sprei-ligte op die A veld. Die hoof-seisoen strek vanaf einde Februarie tot einde Mei.

 

Spanne

Vyftienman rugby word vanaf o/9 tot o/13 gespeel.

Vanaf o/9 tot o/11 is daar minstens 3 spanne per ouderdomsgroep.

In die o/13 groep-  wat die o/12’s insluit - is daar tot ‘n 6e span.  Elke span het sy eie afrigter. Daar is volop geleentheid vir almal wat wil rugby speel - ons wys niemand weg nie.  Vyftien rugbyspanne neem  deel, wat aan 225 seuns die geleentheid gee om rugby op ‘n hoё vlak te speel.

Slegs vrienskaplike wedstryde word gespeel met alle spanne.  Ons neem ook aan verskeie reekse deel, en spesiale dae word gereël vir nie-A spanne.

Prestasies

Ons neem wel net op ‘n  vriendskaplike basis deel, maar dit beteken nie dat ons nie afrig om te wen nie.  Rugby  word op ’n volgehoue hoë standaard afgerig. Vastrap se prestasies spreek vanself:   Super 12 kampioene, plaaslike "derby" wenners ens.

Daar word jaarliks verskeie 0/12 en o/13 seuns verkies tot die Provinsiale spanne.

Ons afrigterkorps is kerngesond en van ons afrigters is dan ook die Provinsiale Laerskoolspanne se afrigters.

Internasionale o/12 rugby.

Ons o/12 rugbygroep stuur jaarliks in September/Oktober ongeveer 20 seuns na 'n Internasionale rugbytoernooi in Frankryk - Top 12 - waar 40 spanne en 18 lande teenwoordig is. Vastrap ontvang ook jaarliks in April ongeveer 30 Franse o/12 rugbyseuns wat by ons kom rugby speel.