Skaak

Die skool beskik oor genoegsame fasiliteite en apparaat om ‘n groot hoeveelheid leerlinge te akkommodeer. Skaak strek oor die hele jaar.

Spanne

Daar is ‘n Junior en Senior span – ruim geleentheid bestaan vir almal om deel te neem of betrokke te raak by die sportsoort. Ons het twee buite-afrigters wat weekliks afrigting by die skool kom doen.

Prestasies

Ons spanne presteer uitsonderlik tydens plaaslike ligas – tydens die Super 12 kompetisie het ons in die laaste paar jaar konstant onder die top 5 geeindig. Tussen  15 tot 25 kinders ontvang jaarliks hul Platina Unie skaakkleure vir deelname aan Suid Afrikaanse kampioenskappe.