Tennis

Die skool spog met 3 tennisbane, waarvan een met spreiligte toegerus is.  Die gemengde tennisliga strek vanaf Mei tot Junie, terwyl die algemene liga vanaf Julie tot Oktober strek.

Spanne

Daar is ook ruim geleenthede om in skoolverband op sekere dorpsbane deel te kan neem in liga strukture. Die Juniorliga, C liga en B liga het 2 seuns- en 2 dogterspanne per liga (16 spelers per liga).  

Die A liga het  een seuns- en een dogterspan, wat ook die gemengde liga span is (8 spelers).

Prestasies

Alle spanne het spanbestuurders wat op ‘n wyse beperkte afrigting doen. Tennisspelers maak hoofsaaklik gebruik van buite afrigters wat heeljar afrig. Daar is twee buite afrigters wat tans van ons bane gebruik maak en uitstekende werk verrig. Ons tennisspanne kry in Liggaamlike Opvoeding periode addisionele afrigting deur 'n tennisafrigter.

Die tennisspanne behaal gemengde welslae, oor die algemeen is die meeste van ons spanne aan die einde van ‘n seisoen onoorwonne.

 Ons senior span het vanjaar 2e tydens die Super 12 kompetisie geeindig