Ko laat ons dans

Die jaarlikse wynveiling is ‘n besliste hoogtepunt op die Vastrap kalender.  Ons het egter in 2014 'n nuwe konsep aangepak, nl:  "Kom La't Ons Dans"

Dit is ‘n formele funksie wat gepaard gaan met lekker eet, lekker kuier, lekker musiek en natuurlik lekker dans.  Die funksie is een van Vastrap se hoof fondsinsamelingsprojekte, en is altyd keurig, eksklusief en groot pret.