Akademie

Laerskool Vastrap strewe daarna om ‘n skool van voorkeur te wees, deur die aanbieding van uitsonderlike onderwys, opvoeding en lewensvaardighede aan elke leerling wat aan ons toevertrou word. 

Ons skool se akademie is ons trots.  Ons bied ‘n geïntegreerde, omvattende akademiese program gebasseer op die nasionale kurrikulum. 

Boonop bied ons nie net standaard leerstof  aan nie, maar het verskeie ekstra programme om te verseker dat leerders die inligting wat hulle verkry ook prakties kan toepas.