Kultuur

By Laerskool Vastrap  “trek ons saam”- net soos ons leuse suggureer.

Op kulturele gebied streef ons daarna om ons kinders na groot hoogtes  te voer.  Ons is baie trots op ons ryke Vastrap kultuur-erfenis en glo dat deelname aan kultuuraktiwiteite  'n positiewe selfbeeld en emosionele intelligensie ontwikkel.

Vastrap  bied aan elke leerder 'n verskeidenheid van kulturele  aktiwiteite, asook die unieke  geleentheid om die Suid-Afrikaanse kultuurerfenis te koester.  Ons glo in geesdrif,  passie en plesier.  Deur die magdom kultuuraktiwiteite wat ons bied, wil ons elke Vastrapper betrek en vir hulle ‘n gemaklike, Christelike, kreatiewe en dinamiese tuiste bied!