Sosiaal

Vastrappers kuier baie graag saam, en sosiale geleenthede is deel van die “Vastrap manier” van dinge doen.  Elke jaar, in Mei, vier ons die lewe en sommer ook ons hoof se verjaardag deur saam piekniek te hou en te ontspan.  Ons hou ook graag “ken-mekaar” aande waar ouers, leerlinge en onnies mekaar oor ‘n braaivleisvuur kan leer ken.  Ons vier ook klokslag die koms van die Lente en sommer net die voorreg om deel van die Vastrap span te wees.  By Vastrap werk ons nie net hard nie - ons soek enige verskoning om saam te kuier en te lag!  Dis mos nou “Vastrapkultuur” in aksie!