Sport

'n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees

Ons is deel van die super 12 skole  – en is trots om te kan sê dat ons puik vertoon en al verskeie  Super 12 kompetisies  gewen het.

Ons poog om kinders sowel as ouers by sport-aktiwiteite te betrek. Ons onderwysers is top-afrigters en ons kinders kry individueel en in span-verband elke moontlik geleentheid om optimaal te ontwikkel. Ons strewe daarna dat alle Vastrappers gedurende ‘n jaar aan ten minste 2 sport-aktiwiteite blootgestel word.