Inligting
Aansoekvorm
Word deel van ons skool
Vul die onderstaande vorm in om aansoek te doen.
Skoolgelde vir 2025
Skoolgeld – betaal slegs vir 11 maande
Graad R
Jaarliks:
R22 550
Maandeliks:
R2050 vir 11 maande
Registrasiefooi:
R500 per kind
Bankbesonderhede:
Vastrap Trust
ABSA
Tjekrekening: 1220155753
Graad 1-7
Jaarliks:
R21 700
Maandeliks:
Januarie : R2700 per kind
Februarie – November : R1900 per kind vir 10 maande.
Administrasie fooi:
R200 per kind (alle graad 1 en nuwe inskrywings)
Bankbesonderhede:
Laerskool Vastrap
ABSA
Tjekrekening: 1220490196
Korting:
Jaarliks:
5% vir volledige betaling voor 28 Februarie
Halfjaarliks:
2.5% vir helfte voor 28 Februarie en 2.5% vir ander helfte voor 30 Junie
(Sien volledige uiteensetting onder “Skoolgeld” afdeling)
Die Koraalblom
Klerewinkel & Koffiewinkel
Vastrap Laerskool spog met ‘n klere- en sportdragwinkel op die perseel terrein! Hier kan ouers maklik en gerieflik skoolklere en sportdrag vir hul kinders koop sonder om ver te reis. Die winkel bied ‘n wye verskeidenheid skoolklere en sportdrag wat geskik is vir alle aktiwiteite, van sport tot skooluitstappies en meer. Die Koraalblom het ook ‘n koffiewinkel waar ouers kan ontspan, terwyl hul kinders sport beoefen of by die skool doenig is. Ons koffiewinkel bied ‘n heerlike verskeidenheid van koffie, tee en koeldrankie, asook lekkernye en verversings. Ons is baie trots op hierdie toevoegings aan ons skool. Besoek gerus ons klere- en sportdragwinkel en koffiewinkel en sien self wat ons te bied het!
TELEO Cafe
Koffiewinkel
Teleo is vir koffiekonisseurs wat daagliks hulle kinders by die skool ondersteun en nie sonder dié bederf kan klaarkom nie. Vroegoggend en dan weer direk na skool tot laat, kan ouers (en kinders) hier inloer vir dié lafenis. Teleo beteken nie verniet “Vervulling” nie!
Leessentrum
Stimulus Maximus-leesprogram
Vastrap Leessentrum is die nuuste toevoeging tot onderriguitnemendheid by die skool. Die klasse word in die namiddag vanaf Maandag tot Donderdag aangebied vir ouers wat ekstra leesklasse vir hulle kinders benodig. Die Stimulus Maximus-leesprogram word gevolg. Vastrap is verbind tot gehalte lees vir elke kind.
Skooldrag
Somersdrag
Jan. – Apr. | Sept. – Des.
Leerlinge trek elke dag die aktiwiteitsdrag aan – 5 dae ‘n week. Korrekte swart Vastrap Bermuda-broek en die Vastrap-aktiwiteitshemp en verkieslik kaalvoet. lndien tekkies gedra word, moet skoolkouse aangetrek word. Effekleurige tekkies word verkies. Slegs leerlinge wat Vastrap amptelik gaan verteenwoordig by bv. die redenaars, gaan van die formele drag gebruik maak.
Wintersdrag
Mei – Aug.
Volledige skoolsweetpak en die Vastrap-aktiwiteitshemp. Die vleeshempies (skins) kan onder sweetpakbaadjie gedra word. Vastrap-skoolkouse en gewone tekkies. (Geen opgeboude diksole of wielietjie skoene nie.)








