
Vastrap Laerskool spog met 'n aanlynklere- en sportdragwinkel. Vir meer inligting besoek die Koraalblomwinkel.
Ons Werk Met Lus
En Oral Werk Almal Saam
En Sing Ons Lied
Oral Waar Ons Gaan
Soos Voëls Wat Fluit
Met ‘n Helder Geluid
Sing Ons In Ons Bosryke Land
As Die Winter Nog Knel
Blom Ons Werklus Fel
Rooi Soos ‘n Vlam Teen Die Blou
Hoor Ons Harte Wat Klop
Bly In Eenheid Trou
Trek Na Kruine Voor
Kom Vooruit Almal Vertrou Op Die Heer
TREK SAAM
Voorwaarts Op Die Helder Pad
Dis Links, Regs, Links Reg En Stappe Stap
Dis Vastrap Skool Wat Vooruit Stap
Kom Vastrap Skool
TREK SAAM
VASTRAP SKOOL
Geskryf Deur Anna Rudolf 1973
Laerskool Vastrap
Prysuitdelingsbeleid
INLEIDING
Laerskool Vastrap streef daarna om maksimum geleenthede te skep sodat elke leerling die kans sal hê om hom/haarself te kan uitleef in die aktiwiteite wat die skool sy leerlinge bied. Met hierdie uitgangspunt probeer ons ‘n vastrapplek bied vir elke leerling om sy/haar volle potensiaal te ontwikkel en uiteindelik te bereik. Behalwe vir die akademie, ons eerste prioriteit, bied Vastrap bykans twintig sport- en kultuuraktiwiteite aan waarby ons leerlinge betrokke kan raak en sodoende hul talente ten toon kan stel en ontwikkel. Bykans elke leerling in die skool kry die geleentheid om op die een of ander wyse ‘n toekenning te ontvang, deur net betrokke te raak by enige van die hersiene Augustus 2019 aktiwiteite bekend gemaak. In die aangehegte dokument is ‘n beskrywing van die aktiwiteite en die verskillende prestasiestandaarde waarvoor toekennings gemaak word.
Die volgende geld vir leerlinge wat betrokke is by aktiwiteite wat nie deur die skool aangebied word nie.
Daar is ‘n wye spektrum sportkodes volgens S.A Skole Sport Assosiasie wat nie deel vorm van Laerskool Vastrap se buitemuurse program nie. Die skoolbestuur en beheerliggaam bepaal watter aktiwiteite wel deur die skool aangebied word en dan deel vorm van die skool se buitemuurse aktiwiteitsprogram. Dit geld vir sport, kultuur en enige ander moontlike aktiwiteit. Leerlinge wat in aktiwiteite presteer, wat nie deel vorm van die skool se buitemuurse aktiwiteitsprogram nie en nie deur die skool se Buite-Kurrikulêre kantoor bestuur word nie, ontvang wel erkenning by die skool tydens saalopening geleenthede. Hier word die prestasie van die kind aan die hele skool bekend gemaak en indien ‘n toekenning ter sprake is, ontvang die kind ook dan by die geleentheid sy of haar toekenning wat hy/sy verwerf het. Dit bly die ouers se verantwoordelikheid om die skool hiervan in kennis te stel. Betreffende die jaareind-prysuitdelingsfunksies, berus die onus by die bestuur van daardie aktiwiteite om vir die kinders op daardie wyse erkenning te gee, en sal dus voortaan nie deel vorm van Laerskool Vastrap se prysuitdelingsfunksie nie. Die Vastrap Nuusbrief en Kommunikeerder fokus egter ook slegs op die aktiwiteite wat deur die skool aangebied word
Sien asb. die volledige prysuitdelings beleid op die D6 kommunikeerder onder die “Hulpbron kategorie” en dan “Algemeen”
Designed by Gorilla Marketing ©