By Laerskool Vastrap “trek ons saam”– net soos ons leuse suggereer.
Op kulturele gebied streef ons daarna om ons kinders na groot hoogtes te voer. Ons is baie trots op ons ryke Vastrap kultuurerfenis en glo dat deelname aan kultuuraktiwiteite ‘n positiewe selfbeeld en emosionele intelligensie ontwikkel.
Vastrap bied aan elke leerder ‘n verskeidenheid van kulturele aktiwiteite, asook die unieke geleentheid om die Suid-Afrikaanse kultuurerfenis te koester. Ons glo in geesdrif, passie en plesier. Deur die magdom kultuuraktiwiteite wat ons bied, wil ons elke Vastrapper betrek en vir hulle ‘n gemaklike, Christelike, kreatiewe en dinamiese tuiste bied!
Ons kultuur aktiwiteite sluit in :
- Algemene Kennis
- Bybelvasvra
- Eisteddfod – Jeugkunstefees
- Koor
- Landsdiens
- Massa Revue
- Public Speaking
- Redenaars
- Spel-it-so
- Tone dans groepe